Modulekode | MIA 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Twee uittreevlakuitkomste (ELO)’ van ECSA word aangespreek en beide moet binne dieselfde semester geslaag word. ELO7: Toon kritiese bewustheid van die invloed van die ingenieursaktiwiteit op die sosiale, industriële en fisiese omgewing. Die geskiedenis van ingenieurswese wêreldwyd en in Suid-Afrika. Mees belangrike ingenieursprojekte wêreldwyd en in Suid-Afrika. Die invloed van tegnologie op die samelewing. Beroeps- en openbare gesondheid en -veiligheid. Invloede op die fisiese omgewing. Die persoonlike, sosiale, kulturele waardes en vereistes van dié wat deur ingenieursaktiwiteite geraak word. Die kombinasie van sosiale, werkplek (industriële) en fisiese omgewingsfaktore wat toepaslik in die dissipline van die kwalifikasie is. ELO8: Toon vaardigheid om effektief aan ’n klein projek as individue te werk, asook in spanne en in multidissiplinêre omgewings. Identifiseer en fokus op doelstellings. Werk strategies. Handel take effektief af. Handig afgehandelde werk betyds in. Effektiewe spanwerk: Maak individuele bydrae binne spanaktiwiteit; voer kritiese take uit; verbeter kollegas se werk; trek voordeel uit die ondersteuning van ander spanlede; kommunikeer effektief met ander spanlede. Multidissiplinêre werk: Bekom werkskennis van kollegas se werk; gebruik ’n sisteemingenieurswese-benadering; kommunikeer oor die grense van ander dissiplines heen. Verslagdoening en voorlegging oor spanprojek. Take vereis samewerking tussen ten minste twee dissiplines. |
Modulekrediete | 8.00 |
Programme |
BIng Bedryfsingenieurswese
BIng Bedryfsingenieurswese ENGAGE BIng Chemiese Ingenieurswese BIng Chemiese Ingenieurswese ENGAGE BIng Elektriese Ingenieurswese BIng Elektriese Ingenieurswese ENGAGE BIng Elektroniese Ingenieurswese BIng Elektroniese Ingenieurswese ENGAGE BIng Meganiese Ingenieurswese BIng Meganiese Ingenieurswese ENGAGE BIng Metallurgiese Ingenieurswese BIng Metallurgiese Ingenieurswese ENGAGE BIng Mynbou-ingenieurswese BIng Mynbou-ingenieurswese ENGAGE BIng Rekenaaringenieurswese BIng Rekenaaringenieurswese ENGAGE |
Voorvereistes | (BSS 310), (CJJ 310) or (EJJ 210) or (BJJ 210) or (MJJ 210) or (NJJ 210) or (PJJ 210) |
Kontaktyd | 1 ander kontak per week, 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App